Troue-tafelversiering met blomme
Terug na blog
Afrikaans26 Mei 20264 min read

Hoe om jou troue-gaste ingelig te hou sonder 'n WhatsApp-groep

Jy ken die gevoel. Die WhatsApp-groep word geskep met die beste bedoelinge. En binne 'n week is dit 80 mense wat vra wanneer die kos begin, stickers stuur, en vra of Tannie Lettie se hond ook welkom is.

Jy is besig om 'n troue te beplan. Jy het nie tyd vir dié nie.

Die probleem met WhatsApp vir troue-kommunikasie

WhatsApp-groepe is gebou vir tweerigtingkommunikasie. Troue-kommunikasie is grotendeels eenrigting — jy deel inligting, gaste ontvang dit. Maar 'n groep met 80 mense nooi almal uit om op alles te reageer, en voor jy weet is die groep 'n lewendige ding wat jy daagliks moet bestuur.

Verder verdwyn inligting. Iemand wat twee weke later by die groep aansluit, sal die aanvangstyd nooit vind nie tensy hulle deur honderde boodskappe scroll.

Die oplossing: een skakel, alles op een plek

Stuur vir elke gas een skakel na jou trouwebwerf — per WhatsApp, per epos, of op die agterkant van jou save-the-date. Dié skakel neem hulle na 'n bladsy waar alles is wat hulle nodig het:

  • Datum, tyd en plek
  • Die volledige program vir die dag
  • Drakode-besonderhede
  • Akkommodasie naby die venue
  • RSVP-vorm (geen terugbel of WhatsApp-boodskap nodig nie)
  • Geskenkregister of bankbesonderhede

Gaste kan dit nagaan wanneer dit vir hulle pas — of dit nou 10 uur die oggend is of 11 uur die aand toe hulle skielik onthou dat hulle nie weet wat om aan te trek nie.

En as iets verander?

Jy werk die webwerf op. Een keer. En alle gaste het onmiddellik die nuuste weergawe. Geen "sorry, change of plans" in 'n WhatsApp-groep nie, geen verwarring oor watter boodskap die nuutste is nie.

Kan jy steeds 'n WhatsApp-groep hê?

Natuurlik — maar maak dit klein. 'n Groep van 10–15 naaste familielede wat logistieke besluite help maak is waardevol. 'n Groep van 80 gaste is 'n voltydse werk.

Die trouwebwerf hanteer die massakommunikasie. Die klein groep hanteer die persoonlike besonderhede. Albei saam werk perfek.


EternalVows maak dit maklik om jou eie trouwebwerf op te stel — in Afrikaans of Engels, met jou eie foto's en kleure. Kyk hier na ons template-opsies.

Gereed om jou trouwebwerf te skep?

Kyk na ons templates — pragtige ontwerpe vanaf R399.

Kyk na templates